Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Die winter is verby
Weg! Ry & Sleep
‘Wat maak die Vrystaters hier?’ • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Vind die vleiskoning
KOMMENTAAR VAN DIE MAAND!
Waar’s die nommers?
Nuwe kampplek vir Ouberg
Jakkals kry tweede asem
Tata is terug
Kleitrap is lekker met Renault!
Isuzu skenk skoene vir skole
Vryheid in ’n Liberty • Liberty-woonwaens se reeks van vier modelle behels ’n bed-op-wiele en ’n dubbelas-hotelkamer... en alles tussenin.
Haak en sleep • Soek solank jou staanplek in die bos, want Adventure Xtreme se nuwe Ultimate-model staan kampgereed.
Tata boul ’n goëlbal • Tata was die afgelope 10 jaar bra stil, maar dinge is weer aan die roer. Cyril Klopper bekyk dié handelsnaam se nuwe Curvv.
Die mooi sonder die massas • Die Etosha- nasionale park is ikonies. Die plek is ryk aan geskiedenis en die natuurlewe is eersteklas. Maar die laaste paar jaar word dit nie meer so goed bestuur as voorheen nie en die kampe word té vol besoekers geprop. Só pypkan jy die gedruis sonder om enige van die diere mis te loop.
Slagveld toe! • Sit vier dae opsy en steek 20 bergpasse oor op pad na 10 slagvelde in die KwaZulu-Natalse Battlefields-streek.
Op Kaapstad se voorstoep • Daar is kere wanneer ’n mens sommer op jou eie voorstoep wil uitspan. Miller’s Point is die Kaap se voorstoepkampterrein – en hy is wawyd oop vir almal.
Namibië se Eden • Wanneer jy afdraai van die teerpad wat jou al die pad deur Namibië se droë hartland gevat het, word jy skielik omring deur riviere, vloedvlaktes en digte groen bosveld.
Maak ’n punt daarvan • Wanneer jy Kaapstad besoek, is daar drie dinge wat jy móét doen: bestyg Tafelberg met die sweefspoor, eet seekos langs ’n kaai en verken die Kaappuntnasionale park met jou vakansiebakkie.
Oubaas se plaas • Tyd om slapende honde wakker te maak... Hier is agt dierevriendelike kampplekke in elke hoek van die land.
’n Billike bakkiebederf • ’n Mens merk deesdae al hoe meer GWM-voertuie op ons paaie op en dit wil voorkom of die nuwe P300 dieper in Suid-Afrikaanse harte inkruip.
Spiertier • Wanneer dinge rof raak, kan die Bruiser 4x4 se frisgeboude Expander sy man staan. Maar dié sterkman is nie net vol spiere nie; hy het ook heelwat luukshede.
Bandgeletterdheid • Wat beteken al daardie syfers en letters op jou ryding se bandwande?
Pure pitkos • Gooi mielies... maar doen dit oor die kole!
BLOKRAAI
PRETBLAD
’n Nuwe siening oor hibriede enjins • Hoewel hy nie juis opgewonde raak oor elektriese voertuie nie, moet selfs hy erken dat Toyota se hibriede enjins ongelooflik doeltreffend is, sê Mic van Zyl.
Hulle weet nie wat ons weet nie • Ondanks tegnologiese vooruitgang en die onrealistiese idees van mense wat kamp net as ’n manier sien om te wys hoe deftig hulle is, bly die kern van die leefstyl dieselfde, sê Neels van Heerden.
Elkeen na sy eie smaak • Die kuns van kamp lê nie in duur toerusting of volmaakte staanplekke nie, maar in die genot van elke oomblik saam, sê Linda Brink.
Maar jy lyk mos bekend? • Deesdae is dit algemeen dat verskillende vervaardigers dieselfde ryding vat en hulle eie kenteken daarop plak. Een voertuig het egter aansienlik erger deurgeloop as die res.