Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Weg! Ry & Sleep by Media 24 Ltd - Available

Weg! Ry & Sleep

Dec 2025/Jan 2026
Magazine

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Raak kalm en waardeer die mooi

Weg! Ry & Sleep

Ry tot jy vriende maak • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

Nuwe kampplek in die Waterberg

Die Paarlse berge wink

Die Weskus roep jou groep

Konsepvoertuie uit Japan • Die Tokyo-motorskou is in die laaste week van Oktober gehou en daar was ’n hele paar interessante rygoed. Ons bekyk drie konsepvoertuie wat waarskynlik nooit die lig sal sien nie, maar nietemin wys wat ons in die toekoms kan verwag.

Produksievoertuie wat kom • Dit was nie net konsepvoertuie wat by die Tokyo-motorskou te sien was nie. Hier is drie nuwe rygoed wat reeds goedgekeur is vir vervaardiging, hoewel dit nog ’n paar jaar gaan neem voor jy hulle op die pad sal sien.

Kry rigting

Willie wen ’n gereedskaptrollie!

Krismis op Hartenbos • ’n Hele klompie nuwe woonwaens het kom gesig wys by die onlangse kykNET-Buite-ekspo buite Mosselbaai.

Tawwe Tienie • Jetour wil met sy jongste sportnuts die GWM Tank 300 die stryd aansê. Cyril Klopper bekyk die syfers.

Hartenbos, my hart se punt • Dit is die somervakansie en ons span uit op Hartenbos. Vir sommige kampeerders is dit lekker om weke lank agteroor te sit en rus, maar ander raak kriewelrig en soek iets om te dóén.

Waar olifante en seeskilpaaie bure is • Kom slaan kamp op net anderkant die Mosambiekse grens en verken die Maputo- nasionale park se lowergroen grasvelde, potblou mere en spierwit strande op soek na olifante en lepelaars... en seeskilpaaie.

Skrop nes by Falcon • Wanneer jy weer in Swellendam se rigting mik, gaan maak jou tuis by ’n splinternuwe kampplek op die oewer van die Breërivier.

Khwai vir Kersfees • Terwyl die meeste Suid-Afrikaners in Desember koers kies kus toe, is daar wel sommiges wat Bosveld toe mik. Maar het jy al Botswana se bosveld oorweeg?

Provinsiale kleure • Daar waar KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Vrystaat bymekaarkom, lê ’n bekende 4x4-roete met die gepaste naam Drie Provinsies-4x4-avonture.

Ry dat die stof so staan! • Een keer per jaar word die gordels vasgetrek, die petrolpedale weggetrap en die adrenalienvlakke tot in die rooi opgejaag wanneer die Ry & Sleep Bull Run op Vanwyksvlei in die Noord-Kaap gehou word.

Hoe meer pote, hoe meer vreugde • Elke hond kry sy dag by dié agt troeteldiervriendelike kampplekke.

Bak-leier • Nissan het sy Navara laat ombou met vetter tekkies en opgegradeerde vering sodat hy beter met 4x4-hindernisse kan baklei.

Eenvoudig goed genoeg • Hoe vaar die goedkoopste 4x4-dubbelkajuitbakkie in Ford se Ranger-reeks wanneer jy hom voor ’n woonwa inspan?

Swier in die bos • Mobi Lodge gee ’n dubbele tree vorentoe met sy nuwe vlagskip, die Quattro. Hy het twee keer meer slaapplek as die standaard-Mobi én ’n luukse binneruim soos min.

Katelsake • Is ’n dubbelbed in verskillende woonwaens noodwendig so groot soos die dubbelbed in jou huis?

DIE JAAR IN SYFERS • Het jy geweet 40% van alle nuwe woonwaens is vanjaar in Gauteng verkoop? Dat BYD die meeste werknemers – 968 900 – het, en dat Ry & Sleep se sirkulasie met 10% gegroei het vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar?

Liewe Kersvader... • Ons het die redaksie van Ry & Sleep gevra wat hulle graag vir Kersfees wil hê. Elkeen kry twee wense: een geskenk wat ’n ma met ’n gewone pensioen kan bekostig, en een wat Elon Musk onder die boom sal kan sit.

Padstalproviand •...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans