SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
EERSTE SÊ
NATANIËL SÊ
ons wêreld
JULLE SÊ
Marleé van der Merwe Hier’s my lied! • Vir jare het sy met ’n wens in haar hart geleef, maar verlede jaar het die gewilde Binnelanders- aktrise Marleé van der Merwe besluit sy’t genoeg gewag. Dis tyd om te dóén, sy’t liedjies om met die wêreld te deel
Eenvoudig wêreldklas • 2026 is vir hom ’n jaar van mylpale. ’n Oesjaar. Hy het 40 geword, trou in Mei en hy’t die hoofrol vertolk in ’n ikoniese reeks waarvoor ander akteurs hul oogtande sal gee
DORETTE POTGIETER Sy oorleef en . . . FLOREER • Omgee begin met die hart. Dit is ’n daad van deernis vir ander, gemotiveer deur opregtheid. Aktrise Dorette Potgieter is op die Kaapse Vlakte ’n verskilmaker en opheffer met ’n goue hart
DROOM, DOEN, DANIAH • Die aktrise Daniah de Villiers is nie bang vir ’n avontuur nie. Inteendeel, sy omarm dit – groot of klein. Sy’t immers grootgeword saam met leeus, en nou slag sy menige heilige koei in die komediereeks Die Kantoor. Want lag bly mos die beste medisyne
Die nuwe SKOONHEIDS- OORLOG • Van The Thorn Birds se droommeisie tot ’n vrou wat haar jare met trots dra: Rachel Ward se video ontketen ’n vraag wat baie vroue stilweg vra – moet ons natuurlik verouder, of moet ons iets daaraan doen?
SING & DANS • Hy was ons eie Nureyev – Eduard Greyling, die jong seun van Bellville wat begeisterd was oor dans en vir jare wêreldgehore bekoor het. Op 78 wil hy nog leer tango. Sy SA se eerste Pretty Woman nou op die planke en een van ons blinknuwe sterre. Vir die 23-jarige Leah Mari is dit maar die begin . . .
MODE IN DIE HOOFROL • Met The Devil Wears Prada 2 nou in rolprentteaters, is alle oë op die mode – kragtig, stylvol en vol selfvertroue. Hier is van die sleutelitems uit die fliek wat jou klerekas sal inspireer, van ’n swart staatmakersonbril tot alles in wit
mode dinge
Wen ons voorblad, skryf gou in! SARIE VOORBLADGESIG 2026
MOOI VIR JOU, MOOI VIR DIE AARDE • Ons toekoms lê in ’n groener leefstyl wat omgee vir mense, diere en die aarde. Maak ’n verskil in jou skoonheidskas met produkte en wenke wat hard werk én goed doen
LANGER jonger • Die nuutste nuus, produkte en wenke om onnodige tekens van tyd te takel
bederfprodukte Luuks
mooi dinge
BESTE BISTRO- brunch • Dis tyd om die spesiale vroue in ons lewe te bederf: ons ma’s. Niks kan beter wees nie as een van daardie laatoggendkuiers om die kombuistafel wat die middag oorloop in koffie en koek. Kom sit aan vir bistro-styl ontbytlekkertes met bietjie meer lyf
kos dinge
KUNSHUIS • ’n Ruim en besonderse woonstel bo ’n bekende Johannesburgse kunsgalery bied nie net ’n skatkis van fassinerende artefakte en kuns nie, maar is ’n moderne interpretasie van ‘living above the shop’ – so in die hart van die besige stad
woon dinge
CHINESE GIRL SE DOGTER ’N LEWE BUITE DIE RAAM • Sy was die ‘Chinese Girl’. Maar vir haar dogter was sy net Ma – wat soggens werk toe is, saans klere gemaak het en kon lag oor die groen gesig wat die wêreld steeds laat gons
NUWE EPIDEMIEVAN GEBROKEGESINNE? Dis nie net DIE BECKHAMS • Daar is ’n toenemende tendens onder veral jong mense om kontak met hul ouers te verbreek. Woorde soos ‘manipulasie’ en ‘toksies’ word mildelik op...